Boek hierdie ongelooflike kunstenaar nou!

Van Gospel tot Country en Pop, in Afrikaans of Engels, 'n plat op die aarde boerenooi van die Klein Karoo. Haar engelstem bekoor 'n gehoor en dans sal hul dans. Moenie 'n kans laat verby gaan om hierdie talentvolle sangeres te sien optree nie!

Music

Videos

Photos

About

Haar sangloopbaan het as klein dogtertjie van 7 jaar oud begin.

Sy was een dag saam met haar ouers by‘n konsert van Francois Heyns. Sy het op die verhoog langs hom gaan staan en begin sing en dis daar en dan wat alles begin het, haar ouers kon haar net eenvoudig nie weer van n verhoog afkry nie.

Sy het begin met sanglesse by ontslape Tiny Oswald Vermeulen as dogtertjie van 7. Hy skryf vir haar‘n hele paar Gospel songs wat sy toe in 2003 opneem. Oom Tiny het ons ongelukkig in 1998 verlaat.

Sy het as hoërskoolleerder in die koor gesing en ook by verskeie kerke sangbediening gedoen.

Sy het ook deelgeneem aan sang kompetisies en ook by feeste soos KKNK gesing.

In 2001 neem sy aan n sangkuns kompetisie deel en behaal ‘n A-simbool, sonder begeleiding of mikrofoon. Kry hoë graad vir duidelike uitspraak van woorde wat min vroulike kunstenaars in ons land het.

Sy het ook al verskeie voorshows vir verskillende kunstenaars soos Tobie Jooste, Nic Stevens, Gerhard Steyn, Tashia Vermeulen, Wynand Windpomp en Jo Black gehou. Die hoogtepunt in haar loopbaan was beslis die een van Jo Black, Maroela media het 'n berig oor dit geskryf.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dogter-help-sterwende-pa-se-droom-verwesenlik/

In 2011 reël sy en sangeres Tashia Vermeulen Olivier ‘n liefdadigheids vertoning ten bate van die Gideons Bybel verspreiding en samel geld in vir 350 Bybels. Met dié optrede kry sy 'n rol in ‘n Christelike fliek met die naam ‘Die Erfgenaam’.

Hazel Stone het al die jare gesing onder haar regte naam Chriszelda Botha en toe later toe sy getroud is as Chriszelda Steyn, maar dié naam het net nooit aanklank by die publiek gevind nie. In April 2021 sê haar sangervriend Daan-Louis vir haar om eerder 'n stage naam te kry. Hul sit toe koppe bymekaar en Hazel Stone word op 26 April 2021 gebore. Dié naam het betekenis, want sien, Chriszelda het die mooiste bruin bokkie oë en is baie lief vir neute, vandaar die naam Hazel en Chriszelda het 'n baie swaar lewe al agter die rug wat haar hard gemaak het, vandaar die van Stone. So Hazel Stone werk perfek en die mense/publiek love dit. Dit klink mooi op die oor.

Volgende jaar beplan sy 'n nuwe enkelsnit en musiekvideo.

Hier wag groot dinge vir Hazel Stone in die musiek bedryf.

Hou hierdie kunstenaar dop....

Stay In Touch

Youtube    Facebook    Facebook    
 

Send a message to Hazel Stone

Your message has been successfully sent to Hazel Stone.
Reset     Submit

Share this page



Sign Up
Close Window

or
Log In
Close Window

or